Freddie Mercury

Freddie Mercury
Freddie Mercury tydens 'n optrede in November 1977.
Agtergrondinligting
GeboortenaamFarrokh Bulsara
Gebore5 September 1946
Stone Town, Zanzibar
Sterf24 November 1991
Londen, Engeland
GenresRock/Pop
Beroep(e)Sanger
InstrumenteStem
Klavier
Kitaar
Jare aktief1965–1991
AssosiasiesQueen
Mercury se handtekening

Freddie Mercury (gebore Farrokh Bulsara, 5 September 1946, Zanzibar24 November 1991, Londen, Engeland) was 'n Britse musikant van Indies-Zoroastriese afkoms. Hy was bekend as die hoofsanger van die rockgroep Queen en het ontwikkel tot een van die gewildste popkunstenaars van alle tye. In 2008 is Mercury deur die Amerikaanse musiektydskrif Rolling Stone as een van die beste sangers van alle tye aangewys.[1]

Hy het Queen in 1970 gestig met Brian May en Roger Taylor. Mercury het baie treffers geskryf vir Queen, waaronder, "Bohemian Rhapsody", "Killer Queen", "Somebody to Love", "Don't Stop Me Now", "Crazy Little Thing Called Love", en "We Are the Champions". Hy het ook solo-opnames gedoen. Mercury is in 1991 op die ouderdom van 45 oorlede aan 'n vigs-verwante siekte.

  1. (en) RollingStone.com – 100 Greatest Singers of All Time Geargiveer 10 Desember 2008 op Wayback Machine.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search